| Chapter 37 |
1 | En Bes leël het die ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
|
2 | En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan 'n goue krans gemaak rondom.
|
3 | En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, so dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.
|
4 | En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;
|
5 | en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.
|
6 | Hy het ook 'n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.
|
7 | Ook het hy twee grubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.
|
8 | Een grub aan die een ent en een grub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die grubs gemaak, aan die twee ente.
|
9 | En die grubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die grubs was op die versoendeksel gerig.
|
10 | Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en 'n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
|
11 | En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.
|
12 | Hy het ook daarvoor 'n lys van 'n handbreed gemaak rondom; en hy het 'n goue krans vir die lys gemaak rondom.
|
13 | Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
|
14 | Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
|
15 | Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.
|
16 | En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
|
17 | Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.
|
18 | En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
|
19 | Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
|
20 | Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:
|
21 | daar was 'n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan -- vir die ses arms wat daaruit uitgaan.
|
22 | Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
|
23 | En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.
|
24 | Van 'n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.
|
25 | En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
|
26 | En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.
|
27 | Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
|
28 | En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
|
29 | Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger dit maak.
|