| Chapter 26 |
1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
|
2 | Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
|
3 | Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
|
4 | Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
|
5 | Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
|
6 | Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie --
|
7 | voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
|
8 | wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
|
9 | wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
|
10 | Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
|
11 | Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
|
12 | Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
|
13 | Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
|
14 | Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
|