| Chapter 2 |
1 | Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
|
2 | Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
|
3 | Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
|
4 | Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
|
5 | Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
|
6 | Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
|
7 | Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
|
8 | Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
|
9 | U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.
|
10 | Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
|
11 | Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
|
12 | Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
|