Afrikaans Bible

PSALMS 5

PSALMS

Return to Index

Chapter 6

1

 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid. 

 


2

 o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie. 

 


3

 Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. 

 


4

 Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank? 

 


5

 Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil. 

 


6

 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk? 

 


7

 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane. 

 


8

 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders. 

 


9

 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor. 

 


10

 Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan. [ (Psalms 6:11) Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai. ] 

 


PSALMS 7

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: