Afrikaans Bible

PSALMS 28

PSALMS

Return to Index

Chapter 29

1

 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! 

 


2

 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad! 

 


3

 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. 

 


4

 Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. 

 


5

 Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die L¡banon; 

 


6

 en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die L¡banon en Sirjon soos 'n jong buffel. 

 


7

 Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit. 

 


8

 Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe. 

 


9

 Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! 

 


10

 Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid. 

 


11

 Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede. 

 


PSALMS 30

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: