| Chapter 31 |
1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
|
2 | By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.
|
3 | Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.
|
4 | Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
|
5 | U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
|
6 | In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.
|
7 | Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar k vertrou op die HERE.
|
8 | Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het
|
9 | en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
|
10 | Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
|
11 | Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.
|
12 | Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.
|
13 | Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.
|
14 | Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.
|
15 | Maar k vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.
|
16 | My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
|
17 | Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.
|
18 | HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!
|
19 | Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.
|
20 | o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
|
21 | U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
|
22 | Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.
|
23 | Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
|
24 | Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. [ (Psalms 31:25) Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! ]
|