| Chapter 38 |
1 | 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.
|
2 | o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.
|
3 | Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.
|
4 | Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
|
5 | Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.
|
6 | My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
|
7 | Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;
|
8 | want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
|
9 | Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.
|
10 | Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
|
11 | My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
|
12 | Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;
|
13 | en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.
|
14 | Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.
|
15 | Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;
|
16 | want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!
|
17 | Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!
|
18 | Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.
|
19 | Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.
|
20 | Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.
|
21 | En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.
|
22 | Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie! [ (Psalms 38:23) Maak tog gou om my te help, Here, my heil! ]
|