| Chapter 46 |
1 | Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.
|
2 | God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
|
3 | Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
|
4 | Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
|
5 | Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
|
6 | God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
|
7 | Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
|
8 | Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
|
9 | Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
|
10 | wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
|
11 | Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]
|