| Chapter 51 |
1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid,
|
2 | toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by B tseba ingegaan het.
|
3 |
|
4 | Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
|
5 | Want k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
|
6 | Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
|
7 | Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
|
8 | Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
|
9 | Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
|
10 | Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
|
11 | Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
|
12 | Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
|
13 | Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
|
14 | Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
|
15 | Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
|
16 | Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
|
17 | Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
|
18 | Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
|
19 | Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! [ (Psalms 51:20) Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. ] [ (Psalms 51:21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. ]
|