| Chapter 60 |
1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.
|
2 | Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopot mië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.
|
3 | o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
|
4 | U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!
|
5 | U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.
|
6 | U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.
|
7 | Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
|
8 | God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
|
9 | G¡lead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
|
10 | Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filista!
|
11 | Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?
|
12 | Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. [ (Psalms 60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. ] [ (Psalms 60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]
|