| Chapter 68 |
1 | Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.
|
2 | God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!
|
3 | Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.
|
4 | Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.
|
5 | Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
|
6 | 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
|
7 | God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.
|
8 | o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,
|
9 | het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!
|
10 | Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.
|
11 | U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!
|
12 | Die Here het die woord laat hoor -- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:
|
13 | Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.
|
14 | As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.
|
15 | Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.
|
16 | 'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.
|
17 | Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.
|
18 | Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.
|
19 | U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!
|
20 | Geloofd sy die Here! Dag n dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
|
21 | God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.
|
22 | Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.
|
23 | Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;
|
24 | sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.
|
25 | o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.
|
26 | Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.
|
27 | Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!
|
28 | Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda -- hulle menigte; die vorste van Sbulon, die vorste van N ftali.
|
29 | Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!
|
30 | Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.
|
31 | Dreig die wilde gedierte van die riet -- die trop stiere saam met die kalwers van die volke -- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.
|
32 | Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.
|
33 | o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.
|
34 | Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem.
|
35 | Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke. [ (Psalms 68:36) Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel -- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God! ]
|