| Chapter 84 |
1 | Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
|
2 | Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!
|
3 | My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
|
4 | Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!
|
5 | Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
|
6 | Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
|
7 | As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
|
8 | Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
|
9 | HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.
|
10 | o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.
|
11 | Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
|
12 | Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ]
|