Afrikaans Bible

PSALMS 95

PSALMS

Return to Index

Chapter 96

1

 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde! 

 


2

 Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag. 

 


3

 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. 

 


4

 Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode. 

 


5

 Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak. 

 


6

 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom. 

 


7

 Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte. 

 


8

 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe. 

 


9

 Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde! 

 


10

 Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel. 

 


11

 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis. 

 


12

 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel 

 


13

 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou. 

 


PSALMS 97

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: