| Chapter 122 |
1 | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesĂȘ het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!
|
2 | Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
|
3 | Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
|
4 | waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof.
|
5 | Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
|
6 | Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
|
7 | Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
|
8 | Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
|
9 | Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
|