| Chapter 132 |
1 | 'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite;
|
2 | dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
|
3 | Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
|
4 | sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
|
5 | totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
|
6 | Kyk, ons het daarvan gehoor in frata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.
|
7 | Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.
|
8 | Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!
|
9 | Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.
|
10 | Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.
|
11 | Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid Hy sal daarvan nie terugkom nie: Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
|
12 | As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal hulle seuns ook vir ewig op jou troon sit.
|
13 | Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
|
14 | Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
|
15 | Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
|
16 | en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
|
17 | Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.
|
18 | Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.
|