| Chapter 145 |
1 | 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.
|
2 | Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.
|
3 | Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
|
4 | Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.
|
5 | He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.
|
6 | Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.
|
7 | Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
|
8 | Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
|
9 | Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
|
10 | Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.
|
11 | Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,
|
12 | Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.
|
13 | Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
|
14 | Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.
|
15 | Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.
|
16 | Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
|
17 | Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.
|
18 | Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
|
19 | Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
|
20 | Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.
|
21 | Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
|