| Chapter 148 |
1 | Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
|
2 | Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
|
3 | Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
|
4 | Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
|
5 | Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape.
|
6 | En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
|
7 | Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes!
|
8 | Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
|
9 | berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
|
10 | wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
|
11 | konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
|
12 | jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges --
|
13 | laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
|
14 | En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
|