Afrikaans Bible

JESAJA 11

JESAJA

Return to Index

Chapter 12

1

 En in die dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos. 

 


2

 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. 

 


3

 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil. 

 


4

 En julle sal in die dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is! 

 


5

 Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde. 

 


6

 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde. 

 


JESAJA 13

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: