| Chapter 64 |
1 | Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig
|
2 | -- soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel -- om u Naam aan u teƫstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe
|
3 | wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!
|
4 | Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
|
5 | U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weƫ. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in die toestand was ons baie lank, en -- sal ons verlos word?
|
6 | En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
|
7 | En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
|
8 | Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
|
9 | HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
|
10 | U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis.
|
11 | Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword.
|
12 | HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?
|