| Chapter 5 |
1 | Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.
|
2 | Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.
|
3 | Ons het wese geword, sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees.
|
4 | Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.
|
5 | Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.
|
6 | Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
|
7 | Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en ons dra hulle ongeregtighede.
|
8 | Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
|
9 | Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.
|
10 | Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger.
|
11 | Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
|
12 | Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
|
13 | Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
|
14 | Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
|
15 | Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.
|
16 | Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.
|
17 | Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
|
18 | ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
|
19 | U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.
|
20 | Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?
|
21 | Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.
|
22 | Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?
|