| Chapter 40 |
1 | En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
|
2 | Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
|
3 | Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
|
4 | Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
|
5 | Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
|
6 | Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
|
7 | Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
|
8 | Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
|
9 | Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
|
10 | Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
|
11 | Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
|
12 | Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
|
13 | Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
|
14 | Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
|
15 | Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
|
16 | Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
|
17 | Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
|
18 | As die rivier swel -- hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
|
19 | Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
|
20 | Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
|
21 | Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
|
22 | Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
|
23 | Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
|
24 | Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? [ (Job 40:25) Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? ] [ (Job 40:26) Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? ] [ (Job 40:27) Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. ] [ (Job 40:28) Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? ]
|