| Chapter 11 |
1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!
|
2 | Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.
|
3 | As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
|
4 | Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
|
5 | Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
|
6 | Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
|
7 | Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.
|