| Chapter 12 |
1 | Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
|
2 |
|
3 | Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
|
4 | Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
|
5 | hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
|
6 | Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
|
7 | Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
|
8 | U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. [ (Psalms 12:9) Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders. ]
|