| Chapter 25 |
1 | 'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op.
|
2 | Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
|
3 | Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
|
4 | Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
|
5 | He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
|
6 | Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want die is van ewigheid af.
|
7 | Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
|
8 | Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
|
9 | Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
|
10 | Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
|
11 | Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.
|
12 | Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
|
13 | Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
|
14 | Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
|
15 | Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.
|
16 | Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
|
17 | Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
|
18 | Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
|
19 | Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.
|
20 | Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
|
21 | Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
|
22 | o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!
|