| Chapter 26 |
1 | 'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
|
2 | Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
|
3 | want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
|
4 | Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
|
5 | Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
|
6 | Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
|
7 | om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
|
8 | HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
|
9 | Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
|
10 | in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
|
11 | Maar k wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
|
12 | My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.
|