| Chapter 92 |
1 | 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.
|
2 | Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,
|
3 | om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;
|
4 | by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.
|
5 | Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.
|
6 | Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!
|
7 | 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:
|
8 | as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
|
9 | Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!
|
10 | Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
|
11 | Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.
|
12 | En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
|
13 | Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die L¡banon.
|
14 | Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.
|
15 | In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, [ (Psalms 92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie. ]
|