Afrikaans Bible

PSALMS 92

PSALMS

Return to Index

Chapter 93

1

 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. 

 


2

 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U. 

 


3

 Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas! 

 


4

 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte! 

 


5

 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae! 

 


PSALMS 94

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: