| Chapter 99 |
1 | Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die grubs; laat die aarde sidder!
|
2 | Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.
|
3 | Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!
|
4 | Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.
|
5 | Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!
|
6 | Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.
|
7 | In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.
|
8 | o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
|
9 | Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.
|