| Chapter 100 |
1 | 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
|
2 | Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
|
3 | Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
|
4 | Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
|
5 | Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
|