| Chapter 113 |
1 | Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!
|
2 | Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!
|
3 | Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
|
4 | Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.
|
5 | Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,
|
6 | wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
|
7 | Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
|
8 | om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
|
9 | Wat die onvrugbare van die huis laat woon -- 'n blye moeder van kinders. Halleluja!
|