| Chapter 114 |
1 | Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,
|
2 | het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.
|
3 | Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.
|
4 | Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.
|
5 | Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?
|
6 | o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?
|
7 | Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,
|
8 | wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!
|