Afrikaans Bible

PSALMS 124

PSALMS

Return to Index

Chapter 125

1

 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. 

 


2

 Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid. 

 


3

 Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie. 

 


4

 HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte. 

 


5

 Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel! 

 


PSALMS 126

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: