| Chapter 126 |
1 | 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
|
2 | Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesĂȘ: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
|
3 | Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
|
4 | o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
|
5 | Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
|
6 | Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.
|