| Chapter 128 |
1 | 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
|
2 | Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
|
3 | Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
|
4 | Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees.
|
5 | Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!
|
6 | En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!
|