Afrikaans Bible

PSALMS 128

PSALMS

Return to Index

Chapter 129

1

 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af -- laat Israel dit sê -- 

 


2

 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie. 

 


3

 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek. 

 


4

 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap. 

 


5

 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat. 

 


6

 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek, 

 


7

 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie. 

 


8

 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE. 

 


PSALMS 130

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: