| Chapter 130 |
1 | 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!
|
2 | Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.
|
3 | As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?
|
4 | Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.
|
5 | Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.
|
6 | My siel wag op die Here meer as wagters op die môre , wagters op die môre .
|
7 | Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
|
8 | en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
|