| Chapter 4 |
1 | Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
|
2 | want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
|
3 | Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
|
4 | het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
|
5 | Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
|
6 | verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
|
7 | Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
|
8 | Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
|
9 | Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.
|
10 | Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
|
11 | In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
|
12 | as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
|
13 | Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
|
14 | Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
|
15 | Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
|
16 | want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
|
17 | Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
|
18 | Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môre glans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
|
19 | is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
|
20 | My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
|
21 | laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
|
22 | Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
|
23 | Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
|
24 | Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
|
25 | Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
|
26 | Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,
|
27 | wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
|