| Chapter 7 |
1 | Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samar¡a; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en 'n rowerbende plunder op die straat.
|
2 | En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.
|
3 | Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.
|
4 | Hulle is almal owerspelers; hulle is soos 'n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.
|
5 | Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.
|
6 | Ja, hulle het hul hart gemaak soos 'n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos 'n vuurvlam.
|
7 | Hulle almal gloei soos 'n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.
|
8 | Efraim -- hy vermeng hom met die volke; Efraim is 'n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.
|
9 | Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.
|
10 | Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
|
11 | So het Efraim dan geword soos 'n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.
|
12 | Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.
|
13 | Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! k tog wou hulle verlos, maar hulle het leuens teen My gespreek.
|
14 | Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.
|
15 | Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam.
|
16 | Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.
|