| Chapter 8 |
1 | Die basuin aan jou mond! Soos 'n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.
|
2 | My roep hulle toe: My God, ons, Israel, ken U.
|
3 | Israel het die goeie verwerp -- die vyand sal hom agtervolg!
|
4 | Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.
|
5 | Jou kalf, o Samar¡a, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?
|
6 | Want dit is ook uit Israel: 'n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word -- die kalf van Samar¡a.
|
7 | Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.
|
8 | Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soos iets wat waardeloos is.
|
9 | Want hulle het opgetrek na Assur -- 'n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! -- hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.
|
10 | Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.
|
11 | Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig -- die altare het vir hom tot sonde geword.
|
12 | Ek het hom tien duisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag.
|
13 | Slagoffers, My aangebied, offer hulle -- vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.
|
14 | Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda 'n menigte versterkte stede, daarom sal Ek 'n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.
|