| Chapter 38 |
1 | Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
|
2 | Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?
|
3 | Gord dan soos 'n man jou heupe -- dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.
|
4 | Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.
|
5 | Wie het sy afmetinge bepaal? -- jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?
|
6 | Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?
|
7 | Toe die môre sterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?
|
8 | En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?
|
9 | Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.
|
10 | Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;
|
11 | en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.
|
12 | Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,
|
13 | om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?
|
14 | Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed.
|
15 | En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
|
16 | Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?
|
17 | Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
|
18 | Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
|
19 | Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis -- waar is tog sy plek,
|
20 | sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?
|
21 | Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!
|
22 | Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,
|
23 | wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?
|
24 | Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?
|
25 | Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal;
|
26 | om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie;
|
27 | om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?
|
28 | Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels?
|
29 | Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel -- wie baar dit?
|
30 | Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.
|
31 | Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Or¡on losmaak?
|
32 | Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?
|
33 | Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?
|
34 | Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?
|
35 | Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!
|
36 | Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?
|
37 | Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel -- wie giet hulle leeg
|
38 | wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?
|
39 |
|
40 |
|
41 |
|